FrancoisPistoriusFoodWine Francois Pistorius Food , Wine & Art

Tania se Ma se Yskas Kaaskoek

Hierdie is n’ resep wat met my gedeel is deur n’ vriendin. Ons het gesit en koffie drink en nonsens praat oor ons wonderlike ondervindings in Frankryk en toe vra ek haar of sy vir my n’ resep of iets het wat ek kan maak. Tania het toe vir my haar Ma se Yskas kaaskoek resep gestuur. Ek moet erken ek is baie bevoorreg omdat die resep nog nooit met enige iemand gedeel is buite haar familie. Ek het vir Tania belowe dat ek die resep sal maak en erkennig gee soos ek die resep ontvang het maar ook my eie ” twist ” gaan bysit.

Bestandele:
100ml warm water
100ml suurlemoen sap
100ml suiker
2 pakkies Gelatine ( man tip: jy vind dit in die koek bestandele afdeling waar die yeast, bakpoeier ens gehou word, ‘n boksie met 4 individuele sakkies binne in )
1 houertjie Orley Whip ( man tip: jy sal dit in die yskas van supermark vind waar vars room en karringmelk gehou word )
1 houertjie natuurlike geur roomkaas ( man tip: “smooth” nie “chunky” nie )
1 blikkie kondens melk
1 pakkie tennis beskuitjies

Metode:
rangskik die tennis beskuitjies op die bodem van jou glas bak ( vierkantige glas bak skottel so 20cmx20cmx5cm ) en sit een kant;
klop Orley Whip en suiker tot dit glad en styf is en punte vorm as jy die klitser op lig;
vou die kondensmelk en daarna die roomkaas in met die hand;
voeg dan die suurlemoen sap by en roer deur;
sit die inhoud van die 2 pakkies gelatine in ‘n bakkie en voeg die warm water by en roer tot dit op gelos is;
voeg die gelatine oplossing by die roomkaas mengsel en roer goed deur met die hand;
giet die roomkaas mengsel eweredig oor die gepakte onder laag tennis beskuitjies en gebruik ‘n spaan op die oppervlak mooi glad te maak;
bedek met “cling film” en sit oor nag in die yskas;
voor opdiening, versier met jou keuse van vars vragte ( beste met suur vrugte soos grenadilla en kiwi/berries )

Coulis :
Sny een Kiwi vrug in stukke op en voeg saam met botter in n’ warm pan. Roer tot die vrugte en botter n’ sagte mengsel word. Haal van die hitte af en laat die Coulis afkoel tot dit gereed is om te bedien.

Kaaskoek en Bubbles werk vir my so pop daai Bubbly saam met die resep !